Nasionale Tesourieë van SA en VSA hou streeks-bankdialoog

Die Nasionale Tesourie in die buurland, in samewerking met die Amerikaanse departement van die tesourie, stuur vandag en môre in Kaapstad ‘n Streeks-bankdialoog vir Afrika suid van die Sahara van stapel. Die tesourie sê die dialoog het ten doel om ‘n geleentheid vir samewerking te bied en die streeks-dialoog oor geldwassery te bevorder. Dit sal ook fokus op die bekamping van die finansiering van terrorisme-kwessies wat die integriteit van die banksektor negatief kan beïnvloed.