Uganda se Ebola-pandemie na vier maande onder beheer

Die Ugandese regering sê die Ebola-pandemie is na vier maande onder beheer gebring. Die land het vir ‘n kort tyd gesukkel om die jongste uitbreking van die siekte in toom te hou, maar volgens die minister van gesondheid, Jane Ruth Aceng, het die gesondheidsowerheid daarin geslaag om verdere verspreiding te stuit. Altesaam 143 mense is in die tyd met die virus besmet, onder wie 55 dood is. Die Wêreldgesondheids-organisasie het Uganda geloof vir sy optrede.