Kapofi: NDF is gereed vir vloede  

Swaar reën is in die buurland Angola aangemeld en video’s van vloedwater doen die ronde op sosiale media. Namibië was in vorige jare aan die ontvangkant van vloedwater uit Angola. Die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Namibiese weermag sal altyd gereed wees om Namibiërs by te staan wanneer vloede sou ontstaan.