AfriForum eis ondersoek na gru-voorval in Mosambiek

AfriForum eis ‘n onmiddellike, blitsige ondersoek na oënskynlike oorlogsmisdade waarby Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek betrokke was. Dit volg op die verspreiding van ‘n video wat wys hoe liggame op ‘n brandende hoop gegooi word. ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag word gesien waar hy foto’s neem van die grusame toneel. Jacques Broodryk van AfriForum vra die minister van verdediging en militêre Veterane, Thandi Modise, om onmiddellik die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse magte in Mosambiek te ontbied om die skokkende gebeure te verduidelik.