Stadion se opknapping frustreer ook minister

Die beleërde Onafhanklikheidstadion se krag is deur Stad Windhoek afgesny, reeds drie maande gelede. Dit veroorsaak groot probleme vir die Namibiese skolesport-unie wat nou genoodsaak is om sy bedrywighede by Solly Duiker, die unie se nasionale koördineerder se privaatwoning uit te voer. Intussen is daar nog nie met opknappings begin nie. Die stadion is onlangs deur Fifa afgegradeer en die finansminister Ipumbi Shiimi het 50 miljoen dollar vir sy opknapping begroot maar, daar is nog geen werk gedoen nie. Agnes Tjongarero die Namibiese minister van sport sê haar frustrasie loop ook hoog in die verband.