Uerikua wil padveiligheid in sy streek aanspreek

Daar is kommer oor die stand van padveiligheid in die Otjozondjupa-streek. Sondag is ‘n kleuter op die roete tussen Okahandja en Otjiwarongo doodgery na ‘n minibus gestop het vir passasiers om bene te rek en die kind het in die pad beland. Die streek se goewerneur, James Uerikua, sê ‘n simposium sal gehou word om die hoë ongeluksyfer aan te spreek. Hy het bekend gemaak dat in die 2021-2022 finansiële jaar is daar net meer as 7 300 boetes ter waarde van 5,8 miljoen Namibiese dollar uitgeskryf met 150 dronkbestuurders wat vasgetrek is. Daar is ook 460 bestuurders in hegtenis geneem vir verkeersoortredings terwyl daar 52 motor-ongelukke aangemeld is. Die B1 roete tussen Okahandja en Otjiwarongo is bekend vir sy hoë ongeluksyfer.