Uefa hersien aanbevelings na Parys-chaos verlede jaar

Uefa het die bevindings verwelkom van die onafhanklike ondersoek na die chaotiese tonele vóór verlede jaar se Kampioeneliga-eindstryd tussen Liverpool en Real Madrid. Liverpool-aanhangers is buite Parys se Stade de France-stadion ingehok en met traanrook bespuit. Luidens die verslag het foute wat Uefa begaan het en Franse owerhede se gebrekkige risikobeoordeling by die stadion byna tot ‘n ramp gelei. Uefa sê hy hersien die aanbevelings sodat toepaslike veranderings aangebring kan word om die hoogste vlak van veiligheid vir ondersteuners by toekomstige eindstryde te verseker.