Uitgewer herinner oor skopieregskending met skoolboeke

Namibia Publishing House sê hy neem met kommer kennis van die tekorte aan skool-handboeke vir die 2023 akademiese jaar. Die uitgewer sê dat daar op die oomblik ‘n toename is in kopieregskending met talle ouers wat handboeke fotostateer. Dit is ‘n kriminele oortreding. Die uitgewer sê dit is ook duurder as om die handboek direk te koop by die uitgewer of by ‘n boekwinkel. Die uitgewer doen ‘n beroep op ouers om kopiereg te respekteer en om eerder die boeke aan te koop.