Oud-Eskombestuurder misluk in poging om pensioenfondse te bekom

Die voormalige kontraktebestuurder van Eskom, Dudo Moyo, het haar bod verloor om ‘n bewaringsbevel oor haar pensioenvoordele te laat heroorweeg. Die Spesiale Tribunaal het die aansoek met koste van die hand gewys. Die bevel is in September 2021 aan die Spesiale Ondersoekeenheid toegestaan. Die eenheid het bewerings van korrupsie en wanadministrasie in Eskom se sake ondersoek. Die woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago sê burgerlike litigasiestappe is teen Moyo geneem as deel van die eenheid se pogings om die staat se finansiële verliese te verhaal: