UDF-LP: Reguleer finansiële sektor

‘n Parlementslid van die United Democratic Front, Dudu Murorua, het vandag in die Nasionale Vergadering die ministerie van finansies sowel as die Bank van Namibië versoek om finansiële sektor te reguleer. Dit kom nadat die Bank van Namibië onlangs die repokoers verhoog het. Murorua sê met hoe dit nou in die finansiële sektore gaan, sal dit baie moeilik wees vir die jeug en eerstekeer-kopers om lenings te kry omdat hulle as ‘n hoë risiko beskou word.