Oudminister in SA se korrupsieverhoor uitgestel

Die korrupsieverhoor van die voormalige minister van staatsveiligheid, Bongani Bongo, en sy medebeskuldigdes is in die Handelsmisdaadhof in Mbombela tot volgende Dinsdag uitgestel. Bongo en sy medebeskuldigdes staan tereg op 69 aanklagte, insluitend geldwassery en korrupsie, weens hul beweerde betrokkenheid by die departement van menslike nedersettings se verkoop en aankoop van ‘n plaas op Emalahleni vir 37,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand namens die plaaslike munisipaliteit. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, beweer intussen die verdediging sleep hul voete.