UDF-leier vra in NV oor tekort aan medisyne in staatshospitale

Dudu Murorwa, die United Democratic Front-lid in die parlement het vandag in die Nasionale Vergadering aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gevra om die tekort aan medisyne by staatshospitale te verduidelik. Na bewering word staatspasiënte na privaat apteke verwys om hul medisyne te kry. Dr. Shangula verduidelik hoe medikasie deur sy ministerie aangekoop word.