Drie plaasvervangers vir Blitsbokke

Rugby: James Murphy, Shaun Williams en Shilton van Wyk is opgeroep na die Springbok-Sewesspan vir die naweek se Wêreldreekstoernooi in Vancouver, Kanada. Hulle vervang vir Mfundo Ndhlovu, Sakoyiso Makata en Lubabalo Dobela, wat almal beseer is in die afgelope naweek se Singapoer-sewes. Murphy het in September verlede jaar in Kanada laas vir die Blitsbokke gespeel. Van Wyk is vir die Droomspan aangewys in die tweede toernooi in Dubai laat verlede jaar, nadat hy sy debuut in die eerste een gemaak het.