Kommandowurms teister boere in die Noorde

Landbouminister Calle Schlettwein het tydens vandag se Nasionale Vergadering, nie net sy kommer oor die verwoestende sprinkaanplaag uitgespreek nie, maar gesê boere in die Noorde uit ook ‘n nuwe plaag van kommandowurms wat hul gewasse vernietig. Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hulle nog op verslae van die noordelike streke wag.