Tydsberekening word bevraagteken

Die Suid-Afrikaanse adjunk-minister van Staatsveiligheid, Zizi Kodwa, sê bewerings deur die ANC-veteraan Tokyo Sexwale oor die sogenaamde Erfenisfonds is skokkend. Hy het gereageer oor bewerings dat die geld uit die rekening gesteel is wat bedoel was vir die ondersteuning van infrastruktuur- en ander maatskaplike ontwikkeling. Kodwa het die tydsberekening van die bewerings bevraagteken.