Namibiese ministerie van Arbeid besoek streke

Die Namibiese ministerie van Arbeid het bekendgemaak dat daar van môre af tot 3 Mei raadgewende vergaderings met arbeidsverwante belangegroepe oor relevante arbeidsaangeleenthede in verskeie streke van die land gehou gaan word. Volgens ‘n verklaring van die ministrie gaan vergaderings in die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Otjozondjupa-streke gehou word.