Laaste sitting in Noordwes

Die Suid-Afrikaanse portefeuljekomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur hou vandag sy laaste sitting oor die Wetsontwerp oor Onteiening in Noordwes in die buurland. Die komitee het reeds drie suksesvolle openbare verhore in die provinsie gehou waar die meerderheid van die mense die wetsontwerp ondersteun het. Die doel van die Wetsontwerp op Onteiening is om as riglyn vir die prosesse en prosedure te dien vir die onteiening van eiendom deur staatsinstellings.