Tydlyn vir transaksie tussen NBL, Heineken en  Distell bepaal

Die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell is voorwaardelik deur die Namibiese Mededingingskommissie goedgekeur en die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het die ooreenkoms ook in September aanbeveel. Daar is nou meer duidelikheid oor die tydlyn met die Mededingingstribunaal in die buurland wat ‘n verhoor in Januarie 2023 sal hou. Indien hulle saam stem met die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie se aanbeveling om die transaksie goed te keur, sal die transaksie na verwagting in die tweede kwartaal van 2023 gesluit word. Sake gaan tans soos gewoonlik en NBL, Distell en Heineken sal voortgaan om as aparte besighede te funksioneer.