SA ekonoom: Eskom se nuwe direksie het talle uitdagings

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het gereageer op Eskom se direksie wat tot 13 lede vergroot is. Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het aangekondig André de Ruyter bly die Eskom-hoof. Gordhan sê Eskom word tans as politieke sokkerbal gebruik en politici moet Eskom uitlos. Dawie Klopper sê  aan Kosmos 94.1 Nuus die nuwe direksie het geweldige uitdagings.