De Ruyter bly Eskom-hoof

Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings in die buurland, het pas Eskom se nuwe direksie aangekondig met André de Ruyter wat die Eskom-hoof bly. Gordhan het Eskom se direksie tot 13 lede vergroot. Van die vyf direkteure wat Eskom nog vanoggend gehad het, het net een, dr. Rod Crompton oorgebly. Volgens Gordhan word Eskom tans as politieke sokkerbal gebruik, maar hy sê politici moet Eskom uitlos. Dit volg ná die meerderheid van die kabinet De Ruyter as uitvoerende hoof wou afdank.