Twyfelagtige syfers oor regstellende aksie lei tot hersiening van 18 maatskappye

Die arbeidsministerie het onlangs ‘n hersiening van regstellende aksie-nakoming by maatskappye gedoen en 18 is ingeroep omdat hulle nie die bepalings van die wet nagekom het nie. Volgens die ministerie se hoof skakelbeampte, Maria Hendimbi, sê daar was twyfelagtige syfers wat onder andere, deur die maatskappye ingedien is. Sy gesels met Kosmso 94.1 Nuus.