Meer bouplanne vir Swakop, maar hulle is minder werd

Die Swakopmund-munisipaliteit het 68 bouplanne gedurende September 2022 goedgekeur, vergeleke met 56 in die vorige maand. Dit verteenwoordig ‘n styging van 21,4 persent op ‘n maandgrondslag, maar teenoor verlede jaar se syfers is dit ‘n daling van amper 23 persent. Die planne het ‘n waarde van 63,2 miljoen Namibiese dollar. Daar was 66 residensiële planne, een nywerheidsplan en een kommersiële plan onder die groep. Simonis Storm se goedkeurings van bouplanne neem toe in vergelyking met verlede jaar. Plaaslike boumateriaal kleinhandelaars dui aan dat huidige konstruksieprojekte spruit uit bouplanne wat tot 2 jaar gelede goedgekeur is wat daarop dui dat alhoewel daar ‘n toename in bouplan is, sal konstruksie eers in die kort- tot medium termyn toeneem.