Olieprys bly onder druk, internasionale ekonomie verlangsaam

Ten spyte daarvan dat Opul sy produksie vir November met 2 miljoen vate daagliks verminder het, het die olieprys tot dusver nie noemenswaardig gestyg nie en inteendeel, in plaas van ‘n 7 persent styging in die afgelope 30 dae wat ‘n week gelede aangeteken is, staan daardie syfer nou net bo 5 persent. Op die oomblik verhandel Brent teen ongeveer 91 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê die verlangsaming van die wêreld-ekonomie dryf die laer prys aan.