Twitter word genader oor ‘daardie’ video van Vrystaatse speaker

Die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Publikasieraad beplan om sy toepassingskomitee teen Twitter te laat optree. Die direksie het Twitter ‘n sperdatum gegee waarop ‘n eksplisiete video van die speaker van die Vrystaatse wetgewer, Zanele Sifuba, verwyder moet wees. In ‘n skrywe aan die sosiale media-maatskappy sê die raad kinders kan moontlik die video te siene kry. Die direksie se tussentydse uitvoerende hoof, Mashilo Boloka, waarsku ook diegene wat die video deel, dat hulle net so aanspreeklik gehou sal word as die individu wat dit aanvanklik geplaas het.