Miljoene se sonkrag-komponente sit vas by VSA-hawens oor Uyghurs

Meer as 1 000 besendings sonkrag-komponente ter waarde van honderde miljoene Amerikaanse dollar stapel sedert Junie by Amerikaanse hawens op onder ‘n nuwe wet wat invoere uit China se Xinjiang-streek verbied oor kommer oor slawe-arbeid. Internasionale nuusagentskappe berig dat die beslagleggings verband hou met Beijing se Uyghur-aanhoudingskampe. Maar, die beleid loop die risiko om die Biden-administrasie se pogings vir ‘n omskakeling na hernubare energie te belemmer.