Twitter-veiligheid: Selfs die FBI het waarskuwings uitgereik

Die FBI het Twitter ingelig dat minstens een Chinese agent by die sosialemediamaatskappy gewerk het. Dit is volgens Twitter se voormalige sekerheidshoof wat nou ‘n fluitjieblaser geword het, Peiter Zatko, wat gister in Washington voor die senaat se regskomitee getuig het. Daar is ook gerugte van spioene van verskeie lande wat aktief op die platform is. Zatko beweer Twitter-werknemers was bekommerd dat die Chinese regering inligting oor die maatskappy se gebruikers kon bekom:

Intussen het Twitter se raad Elon Musk se 44 miljard Amerikaanse dollar aanbod vir die platform se aankoop goedgekeur maar, Musk probeer kop uittrek en daar is in Oktober ‘n hofsaak oor die aangeleentheid.