Jagersfontein: Mynmaatskappy moet verantwoording doen

Die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, sê ‘n kommissie van ondersoek sal van stapel gestuur word om te kyk na die ineenstorting van ‘n wal van ‘n slikdam by Jagersfontein in die Vrystaat. Die minister het gister die gebied besoek waar verskeie inwoners se huise oorstroom en deur modder beskadig is. Mantashe sê die eienaars van die myn moet volle verantwoordelikheid neem: