Twitter sekuriteitshoof praat vandag oor veiligheid 

Twitter se voormalige hoof van sekerheid, Peiter Zatko, gaan vandag voor die senaat se regskomitee in Washington getuig. Zatko, wat ook bekend is onder sy krakernaam Mudge, beskuldig Twitter van lakse veiligheidsprakryke, dat gebruikers se privaatheid nie beskerm word nie, misleidende reguleerders wat ‘n 2011-ooreenkoms skend, en die doelbewuste aanstel van agente van buitelandse regerings en hulle toegang tot sensitiewe stelsels en data. Die sosialemediamaatskappy sê Zatko is weens swak prestasie afgedank en hy is opportunisties op soek na maniere om skade aan te rig.