Jagersfontein Developments moet verantwoordelikheid dra 

Die vakbond Saftu sê die ramp by Jagersfontein in die Vrystaat is ‘n duidelike bewys dat mynmaatskappye voorkeur gee aan wins bo die belange van die omgewing en die mense wat in daardie omgewing woon. Dit volg nadat ‘n slikdam se wal Sondag gebreek het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Jagersfontein Developments moet al die koste dra om mense se huise te herbou, asook vergoeding vir lewensverlies en mense se huise wat in die oorstroming en modderstorting verwoes is: