Koningin word by Davisbeker vereer 

Die voormalige wêreld nommer-eenspeler, Andy Murray, sê Groot Brittanje sal dié week koningin Elizabeth die Tweede by die Davisbeker in Glasgow vereer. Hy speel môre in die groepfase in ‘n sterk span saam met Cameron Norrie, Dan Evans en Joe Salisbury. Murray, wat tot ridder geslaan is nadat hy sy tweede Wimbledon en Olimpiese goue medalje-oorwinnings ingepalm het, sê die Davisbeker gee hulle ‘n kans om die koningin se nagedagtenis te eer: