Twitter se nuwe Tip-Jar funksie

Twitter het ‘n nuwe funksie, ‘n sogenaamde Tip-Jar, van stapel gestuur waardeur gebruikers geld na ander op die sosiale netwerk kan stuur. Die maatskappy het aan die media gesê dit is ‘n maklike manier om gebruikers wat deelneem, te ondersteun. Aanvanklik sal slegs ‘n geselekteerde groep mense die fooitjies kan ontvang. Twitter sê dié groep sal bestaan uit skeppers soos joernaliste, kenners en nie-winsgewende organisasies. Die funksie word egter ook gekritiseer vir die blootstelling van persoonlike inligting soos e-posadresse.