Suid-Afrikaners moet dalk oorskakel na sonkrag

Suid-Afrikaners wat hulle elektrisiteit direk van Eskom kry, moet dit oorweeg om na sonkrag oor te skakel sodat hulle beskerm is teen toekomstige tariefverhogings en onbetroubare kragvoorsiening. Dit is die mening van die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se sonkrag-fotovoltaïese bedryf, Niveshen Govender. Sy opmerkings kom te midde van ‘n 15-persent-verhoging in elektrisiteitstariewe en voortdurende brandstof-prysstygings in die buurland. Govender sê bekostigbaarheid is egter nie die enigste aspek wat oorweeg moet word nie. Veilige en wettige installasies is net so belangrik.