Twitter regsgeding opgeskort, maar Musk moet betaal

’n Regter het Twitter se regsgeding teen Elon Musk opgeskort om die uitvoerende hoof van Tesla die geleentheid te bied om finansiering gereed te kry vir sy voorgestelde oorname van die sosialemediaplatform teen 776,97 miljard Namibiese dollar. Regter Kathaleen McCormick het egter beslis dat indien die transaksie nie teen die 28ste van vandeesmaand afgehandel is nie, sy ‘n verhoor vir volgende maand sal skeduleer. Twitter het in sy eie aansoek voor die kanselaryhof in Delaware aangevoer hy is gekant teen die opskorting van litigasie aangesien dit die geleentheid bied vir verdere jakkalsstreke en vertraging deur die miljardêr.