ActionSA heroorweeg sy beleid oor koalisies

ActionSA se Senaat het besluit om sy benadering ten opsigte van koalisies in plaaslike regering te heroorweeg. Dit volg op die nadraai van die ineenstorting van die veelparty-regering in Johannesburg, en toenemende verwarring oor die stabiliteit van koalisies in Gauteng. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Michael Beaumont, sê die veelparty-koalisie in die Stad Tshwane, is veilig ten opsigte van die samestelling van die raad maar die ondersoek na die optrede van die burgemeester, Randall Williams bly ʼn bron van kommer: