Didiza hef vervoerverbod op bees in Vrystaat op

Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het die verbod op die beweging van beeste in die Vrystaat opgehef. Die minister het die verbod, wat ingestel is ná ‘n uitbreking van bek-en-klouseer, verlede maand opgehef behalwe in Limpopo, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê plase waar diere positief getoets het vir die siekte, of waar die siekte vermoed word, sal in die Vrystaat onder kwarantyn bly: