Twintig jongmense in Indië deur weerlig doodgeslaan

Minstens 20 mense is in die Rajasthan-staat in Indië deur weerlig doodgeslaan. Dit sluit 11 mense in wat selfies geneem het op ‘n wagtoring by die Century Amer Fort, ‘n gewilde toeristebestemming in Jaipur. Volgens die polisie was die meeste slagoffers jongmense. Sowat 2 000 Indiërs word jaarliks deur weerlig doodgeslaan. Statistieke van die Indiese Weerdiens toon dat sterftes weens weerlig sedert die 1960’s verdubbel het en hulle skryf dit toe aan klimaatsverandering.