‘SA boere en plaaswerkers moet ingeënt word’

Die African Farmers Association of South Africa in Limpopo sê dit is van kardinale belang dat boere en plaaswerkers ingeënt moet word om voedselsekerheid te verseker. Dit volg nadat Agri-SA ‘n beroep op die regering gedoen het om die inentings van beide boere en plaaswerkers voorop te stel. Afasa se direkteur in Limpopo, Tshianeo Mathidi, sê werkers gebruik deurentyd gereedskap onder mekaar en die meeste mense in landelike gemeenskappe gebruik steeds kontant om goedere te koop. Mathidi sê dit kan bydra tot die verspreiding van Covid-19.