Grootste sterrekunde-museum open in Sjanghai

Die wêreld se grootste sterrekunde-museum open Vrydag in Sjanghai in China. Die Sjanghai Sterrekunde-museum is byna 3 700 vierkant meter groot en is ‘n tak van die stad se wetenskap- en tegnologie-museum. Dit sal ‘n sterrewag, planetarium, verskeie uitstallings en ‘n hoë son-teleskoop van 24 meter insluit. Die museum is só ontwerp dat dit die heelal se geometrie weerspieël. Daar is geen reguit lyne of regte hoeke nie.