Tweede Von Trapp-dogter op 90 oorlede

Die tweede dogter van Georg en Maria von Trapp, wie se verhaal vertel word in The Sound of Music, is op 90-jarige ouderdom oorlede. Eleonore von Trapp Campbell was die jonger stief-suster van die ouer Von Trapp-kinders. Christopher Plummer en Julie Andrews het die rolle van Georg en Maria vertolk in die trefferprent van 1965. Dit is gegrond op haar herinneringe aan haar huwelik met die Oostenrykse wewenaar met sewe kinders. Hulle het saam drie kinders gehad, insluitend Campbell wat ‘n loopbaan gehad het as sopraan vir die Trapp-familiesangers.