Nóg ‘n omstrede sportstadion in Oos-Kaap ondersoek

Die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal gaan nog ‘n omstrede sportstadion in die Oos-Kaap ondersoek, dié keer een van 27 miljoen rand. Die Matatiele-sportsentrum is reeds sedert 2018 in aanbou en moes in Oktober 2019 voltooi wees. Bouers het reeds byna 19 miljoen rand ontvang, maar die sentrum is steeds nie klaar nie. Volgens berigte is daar in hierdie stadium net ‘n heining en atletiekbaan op die oop veld. Matatiele se burgemeester, Momelezi Mbedla, het gesê die nuwe datum waarop dit voltooi moet wees, is 31 Desember.