Tweede grootste oes in SA

Suid-Afrika se tweede grootste oes tot nog toe is op hande. So sê Wandile Sihlobo van die Landbousakekamer. Hy verduidelik weerstoestande moet oor die volgende paar maande redelik droog bly, aangesien die gehalte van die oes daardeur bevoordeel sal word. Sihlobo sê dis baie goeie nuus vir boere se inkomste. Hy voeg by die land se weersomstandighede die afgelope paar weke was oor die algemeen gunstig. Hoewel daar dikwels ligte reën was, het dit tot dusver nog nie die oeste nadelig geraak nie:

<iframe src="https://iframe.iono.fm/e/1020629" width="100%" height="126" frameborder="0"></iframe>