Outjo sal Maandag water sny

Die Outjo Munisipaliteit het te kenne gegee dat hy volgende Maandag water aan inwoners met uitstaande rekenings sal afsny. Volgens die dorp se Hoof Uitvoerende Beampte Joseph Urib sluit dit besighede in. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om teen Vrydag hulle rekenings te betaal of afgesny te word. Meer as 3 000 rekeninghouers, wat huishoudings en besighede insluit, skuld die munisipaliteit meer as 33 miljoen Namibiese doller. Nes ander plaaslike owerhede het Outjo ook ‘n skerp toename in onbetaalde skuld ervaar met die opdrag dat water tydens die pandemie aan alle inwoners voorsien moet word, ongeag die stand van hulle rekenings.