WTO sê daar is nou ‘n gulde geleentheid

Die Wêreldhandelsorganisasie sê handel kan bydra tot ‘n regverdiger, veiliger wêreld, onder meer deur die fasilitering van ‘n vinniger en meer gelyke toepassing van Covid-19 entstowwe. Die organisasie sê die wêreldhandel staan op die punt van ‘n sterk, maar oneweredige, herstel na die skok van die pandemie. Die Direkteur-Generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê die pandemie was ‘n ongekende ontwrigting van die wêreld-ekonomie en internasionale verhandeling, met produksie en verbruik wat regoor die wêreld afgeskaal is: