Twee Zambiërs vas vir vier olifanttande

Twee Zambiese burgers is in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van vier olifanttande wat hulle aan ‘n geheime polisiebeampte probeer verkoop het. Volgens die Namibiese polisie is die twee mans in die Ibbu-nedersetting by Katima Mulilo in die Zambezi-streek in hegtenis geneem. Daar word verder beweer dat die verdagtes die land binnegekom het sonder geldige dokumente. Die verdagtes sal na verwagting vandag hul eerste hofverskyning in die Ngoma-landdroshof maak. Die polisie-ondersoek duur voort.