Malema sê Ramaphosa dink hy’s bo die wet verhewe

EFF-leier Julius Malema sê President Cyril Ramaphosa dink hy is bo die wet verhewe en moet verwyder word. Hy het gister in Klerksdorp die slotrede gelewer by die party se derde provinsiale vergadering van die mense in Noordwes. Ramaphosa loop onder kritiek deur omdat hy verlede week geweier het om vrae in die Parlement te beantwoord oor die diefstal in 2020 op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo. Malema sê Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word: