Wapentransaksie: Hof bekragtig tersyde-stelling van bevindings

Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n besluit bekragtig om die bevindings van die Kommissie oor die Wapentransaksie ter syde te stel. Regter Willie Seriti en regter Hendrick Musi vra die besluit om die bevindings ongeldig te verklaar, moet omgekeer word. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle nie die wapentransaksies behoorlik ondersoek het nie. Volgens die nasionale koördineerder van Right to Know, Verushka Memdutt, is dit ‘n stap in die regte rigting. Volgens Memdutt moet die publiek hulle stemme laat hoor aangesien die mag by hulle lê: