Twee woestynaangeplaste olifantbulle kry GPS-nekbande

Elephant Human Relations Aid, Ehra, het geskiedenis te maak deur die eerste woestynaangepaste olifante met GPS-nekbande toe te rus. Die omgewingsministerie se wildveearts, dr. Axel Hartmann, het twee bulle met nekbande voorsien wat deur Aktionsgemeinschaft Artenschutz geskenk is. Die olifante met nekbande sal nou belangrike inligting verskaf waar olifanttroppe beweeg om mens-dier-konflik te voorkom. Hartmann vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hy nekbande aangesit het.

Hy gee ook die redes waarom die grootpote met nekbande toegerus word.