SA omgewingsminister prys Verenigde Koninkryk vir sukesvolle COP26

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, het die Verenigde Koninkryk namens Suid-Afrika gelukgewens met die suksesvolle aanbieding van die COP26-beraad. Sy sê talle ontwikkelde lande het ‘n bykomende 4 miljard rand beloof aan die fonds vir lande wat die minste ontwikkel is. Creecy sê Suid-Afrika se hoofvoorkeure is om koolstofmarkte en ‘n versterkte deursigtigheidsraamwerk te vestig. Sy sê dis belangrik om te beklemtoon dat dit ook ‘n uitdaging vir die volgende geslag is.