Huurbeheerraad stol

Terwyl die Swapo-regering onderneem het om teen die einde van die jaar ‘n huurbeheerraad in werking te stel, blyk dit om steeds vertraag te wees. Daar was voor onafhanklikheid so ‘n raad wat toegesien het dat regverdige pryse gevra word en dat standaarde van eiendomme wat verhuur word, gehandhaaf word. Die raad is deur Swapo na 1990 ontbind. Die Affirmative Repositioning-beweging het die proses begin dryf, maar die beweging se woordvoerder, Simon Amunime sê die proses staan doodstil.