Twee werkers by Outjo-staatshospitaal steel glo diesel

Twee werknemers van die Namibiese gesondheidsministerie wat by die staatshospitaal op Outjo werk, is volgens die Namibiese polisie vasgetrek nadat hulle glo diesel by dié staatshospitaal gesteel het. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die twee mans van onderskeidelik 51 en 49 jaar oud, 125 liter diesel met ‘n waarde van 2 873 Namibiese dollar uit die hospitaal se tenk gesteel. Volgens Nampol is vyf 25 liter-houers met die gesteelde diesel by een van die verdagtes se huis gevind.